Onderbesteding en growwe wanbestuur in onderwys

Deel op

Noordwes Departement van Openbare Werke het met die bou van nuwe skole en klaskamer gesloer en veroorsaak dat die onderwysdepartement op sy onderwysinfrastruktuurtoelae onderbestee het.

Ander redes wat aangevoer is vir die vertraging van projekte, is dat twee groot projekte deur subkontrakteurs tot stilstand gebring is toe hulle op beter betaling aangedring het.

Openbare onrus in Schweizer-Reneke toe inwoners daarop aangedring het dat lede van die gemeenskap aangestel word en ‘n geskil oor grond tussen die tradisionele leiers en die munisipaliteit vir ‘n ander projek het ook daartoe gelei dat projekte sloer.

Die provinsiale departement sê benewens al die probleme sukkel hulle ook met onbetroubare kontrakteurs.

Die besteding van provinsies se toelaes is vroeër vandeesmaand deur die nasionale department van basiese onderwys en nasionale departement van finansies tydens ‘n sitting van die portefeuljekomitee van basiese onderwys in die parlement bespreek.

President Jacob Zuma het intussen ‘n proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoekeenheid vra om ondersoek in te stel na die sake van die beleërde departement van onderwys in die Oos-Kaap.

Van die bewerings wat ondersoek gaan word is wanadministrasie, growwe wangedrag en onwettige bedrywighede deur werknemers en amptenare wat met skape en bokke betaal vir poste.

‘n Woordvoerder van die presidensie, Harold Maloka sê ‘n verdere ondersoek sal behels dat die geld wat wanbestee is, teruggekry word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.