Eskom kry miljarde se inspuiting

Deel op

Eskom sal ‘n reddingsboei van belatingbetalers ontvang nadat twee wetsontwerpe miljarde rande beskikbaar gestel het aan die sukkelende kragvoorsiener.

Die Nasionale Vergadering het Woensdag die wetsontwerpe goedgekeur van ‘n R23 miljard-kontantinspuiting aan Eskom asook ‘n R60 miljard lening.

Eskom se benarde situasie is te danke aan ongehoorde bonusse vir wanpresterende bestuurslede, peperduur spysenieringskontrakte en ‘n yslike personeel.

Vrydag sal ‘n tender uitgereik word vir die gereelde lewering van 300 koeke by Eskom se hoofkantoor.

Die geld wat beskikbaar gestel word sal waarskynlik weer gaan om bogenoemde onverkwiklikhede te help betaal, terwyl Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers afwaarts aangepas sal word weens beurtkrag.

Die debat oor die kontantinspuiting het ontspoor toe Mzi­ngisi Dlamini van die EFF Cyril Ramaphosa beskuldig het dat hy “en sy vriende by Glencore oor tenders onderhandel het om Eskom van steenkool te voorsien”. Hy wou nie die stelling terugtrek nie.

Dlamini sê Ramaphosa het volle beheer oor besluite by Eskom en is ten nouste bestrokke by die bestuur.

Julius Malema, EFF-leier, het Dlamini ondersteun aangesien die adjunkpresident wel betrokke is by besluite rakende die elektrisiteitsituasie.

“Hy is hier om die geld te steel! Ons sal dit nie terugtrek nie,” het Malema verklaar. Ramaphosa het ongeërg op sy iPad gekonsentreer terwyl hy oopmond sit en kougom kou het.

Lechesa Tshenoli, adjunkspeaker, het daarna die EFF-lede gevra om die raadsaal te verlaat.

Die uitvoerende hoof van Eskom, Brian Molefe het intussen gesê dat die kragverskaffer drastiese tariefverhogings nodig het om beurtkrag te voorkom.

Hy het tydens openbare verhore van die Nasionale Energiereguleerder in Johannesburg gesê talle kritiseer die bekostigbaarheid van ‘n 25persent tariefverhoging, maar min noem die koste van beurtkrag.

Nersa sê hy sal teen Maandag ‘n besluit neem oor of die tariefverhoging goedgekeur is of nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.