VSA stook oorlog in Europa

Deel op

Die Amerikaanse minister van verdediging, Ash Carter, het vrese dat sy land ‘n oorlog aanmoedig verhoog met ‘n aankondiging oor die militêre opbou in NAVO-lande wat aan Rusland grens.

Carter sê die VSA sal militêre toerusting, insluitende oorlogstenks en artillerie in die drie Baltiese state sowel as Pole, Bulgarye, Roemenië en Duitsland stasioneer.

Rusland het intussen gesê enige pogings om sulke toerusting in sy buurstate te stasioneer, sal beskou word as ‘n daad van aggressie.

Carter sê Amerika en sy alliansievenoote staan saam en hoewel hulle nie enige konfrontasie met Rusland wil hê nie, sal hulle hulle vennote verdedig ter wille van ‘n beter toekoms vir almal.

Ontleders meen Amerikaanse eskalasie geskied weens kommer dat nuwe inligting oor die MH17-ramp Amerikaanse sanksies teen Rusland kan knou.

In Junie het die Russiese wapenvervaardiger Almaz-Antey onthul dat hul eie ondersoek toon dat die aard van die BUK-missiel wat na bewering afgevuur is op vlug MH17 nie meer in Rusland vervaardig is sedert 1999 nie, terwyl dit steeds in diens in die Oekraïense weermag ontplooi is.

Vlug MH17, vanaf Amsterdam na Kuala Lumpur, is afgeskiet oor die Oekraïne se oostelike streek van Donetsk op 17 Julie 2014, en het die lewens van 298 mense aan boord geëis. Ten minste 193 passasiers was Nederlanders.

Die VSA het dadelik die skuld op Rusland probeer pak, sonder enige getuienis.

WikiLeaks het intussen onthul dat die VSA op drie Frans presidente gespioeneer het, te wete Jacques Chirac, Nicolas Sarkozy en Francois Hollande.

Die Franse president Hollande sal ‘n noodvergadering met sy Veiligheidskomitee hou oor die verslag van WikiLeaks later Woensdag, volgens Agence France-Presse.

Estland se minister van verdediging Sven Mikser gesê die Baltiese leiers soek ‘n afskrikmiddel teen Rusland.

“In globale terme is Rusland nie konvensioneel opgewasse teen die VSA of NAVO nie,” het Mikser gesê en bygevoeg dat Estland gretig en gereed is om die toerusting te aanvaar.

Intussen het die Duitse intelligensiediens het sy kommer uitgespreek oor die planne van Kiëf om navorsing oor kernwapenontwikkeling te hervat.

Die geheimediens het ‘n dokument aan die Duitse kanselier oorhandig wat gerig is aan die Amerikaanse generaal Philip Breedlove, die geallieerde bevelvoerder van NAVO in Europa.

Die agentskap het gewaarsku dat Breedlove die de facto bedoeling het om die status van ‘n nie-kern staat te skend en het versoek dat Duitsland druk op die Oekraïnse regering plaas.

Duitse opposisiepolitikus Oskar Lafontaine het bloed geruik en Dinsdag op sy Facebook-bladsy onder die konfliksaaiers ingeklim.

Die Amerikaanse sekretaris van “verdediging”, dit wil sê, minister van oorlog is in Berlyn. Hy wil ‘n beroep op Europa doen om Russiese “aggressie” teen te werk. Maar in werklikheid, is dit Amerikaanse aggressie waarteen Europeërs moet opstaan.

Die Grootmeester van die Amerikaanse diplomasie, George Kennan beskryf die uitbreiding na die ooste van NAVO as die grootste Amerikaanse buitelandse beleidsfout sedert die Tweede Wêreldoorlog, want dit sal lei tot ‘n nuwe Koue Oorlog.
 
Die Amerikaanse diplomaat Victoria Nuland sê ons het $5 miljard spandeer om die Oekraïne te destabiliseer. Hulle stook die vlamme al hoe hoër, en Europa betaal daarvoor met verminderde handel en werksverliese.
 
Nuland sê “Fok die EU”. Ons het ‘n Europese buitelandse beleid nodig wat oorlogsugtige Amerikaanse imperialisme stop.
 
Fok Amerikaanse imperialisme!

Die Pentagon het pas ‘n handboek van instruksies vrygestel oor die “Wette van oorlog,” waarin “aanvaarbare” maniere van moord op die vyand behandel word.

Die handleiding verklaar dat joernaliste gemerk kan word “onbevoorregte kwaadsoekers” [unprivileged belligerents], ‘n onbekende term wat “vyandelike soldaat” vervang het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.