Zuma veroordeel heksejag teen hom

Deel op

President Jacob Zuma voer in hofdokumente aan dat die poging van die DA om strafregtelike aanklagte teen hom in te stel, sal misluk omdat dit volgens hom ‘n politieke heksejag is.

Die president het intussen sy betooghoofde by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Die hofaansoek van die DA volg nadat die party vir ses jaar ‘n regstryd gevoer het om aanklagte teen Zuma weer ingestel te kry.

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan Vrydag sy hofstukke indien.

Hy sê pogings van die DA om die besluit in 2009 te hersien – dat aanklagte teen hom laat vaar word – is ook polities gemotiveerd.

Die president sê verder in hofstukke die DA ignoreer ook die feit dat die Nasionale Vervolgingsgesag bepaal het dat die regsproses vir politieke redes misbruik is.

Hy het gevra dat die aansoek met koste van die hand gewys word. Die hofaansoek van die DA volg nadat die party vir ses jaar ‘n regstryd gevoer het om aanklagte teen Zuma weer ingestel te kry.

Die party was uiteindelik suksesvol om die sogenaamde spioenasiebande beskikbaar gestel te kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.