Skokgranate en rubberkoeëls teen oproeriges by Kimberley

Deel op

Die polisie in Kimberley moes Maandag skokgranate en rubberkoeëls gebruik op ‘n skare oproeriges van sowat 200 van die gemeenskap in Roodepan en Lerato Park uitmekaar te jaag.

Die oproermakers het die hoofingang na Roodepan met klippe, rommel en brandende bande versper.

Volgens polisiewoordvoerder Andrea Cloete, is drie mense beseer in die oproer teen wat sommiges beweer swak dienslewering was.
 
Intussen moes die N8 by Douglas en Postmasburg in die Noord-Kaap vir verkeer gesluit word, ook weens die onrus oor gebrekkige dienslewering.

Die situasie bly steeds gespanne in die Roodepan-gebied het die polisie gesê.

Oproeriges eis dat die burgemeester, wat tans uitstedig is, hulle toespreek. Die betogers het geweier om deur die munisipale bestuurder, Gullam Akuwari toegespreek te word, en dring daarop aan dat dit die burgemeester moet wees.

Die LUR vir Veiligheid in die provinsie, Martha Bartlett het reeds die gebied besoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.