Eskom hou openbare verhore oor hoër tariewe

Deel op

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal vandag en môre openbare verhore hou om Eskom se voorgestelde verhoging in die verbruikersprys van elektrisiteit te bespreek.

Die elektrisiteitsverskaffer het Nersa verlede maand genader om die verhoging aan te vra want munisipaliteite verhoog in Julie hul kragtariewe aan verbruikers.

‘n Styging van 12,69% vir vanjaar is reeds vroeër goedgekeur vanaf April vir Eskom-kliënte.

Eskom vra nou ‘n bykomende sowat 12% om glo te betaal vir die ekstra diesel wat verbrand word om die land se ligte aan te hou.

Nersa beplan dus openbare verhore op 23 en 24 Junie in Gauteng oor die hersiene aansoek.

Cosatu-vakbonde het reeds gewaarsku dat hulle gaan betoog teen enige tariefverhogings, en eis ‘n moratorium op die afsny van krag aan munisipaliteite wat Eskom geld skuld.

Suid-Afrika se ferro-chroombedryf sal waarskynlik van sy smelterye moet sluit as gevolg van hoë elektrisiteitspryse wat kan lei tot 200 000 werksverliese.

Die verteenwoordiger van die ferro-allooi vervaardigersvereniging, Jacobus Zaayman, het ‘n voorlegging gemaak by NERSA se openbare sittings oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings.

Zaayman sê ‘n styging in tariewe sal produksiekoste verder verhoog en die meeste van die smelterye in Suid-Afrika sal moet sluit.

Eskom het vroeër aangedui dat voorsiening ook gemaak sal moet word vir die twee en ‘n half persent omgewingsheffing in sy aansoek om ‘n bykomende tariefverhoging.

Dit beteken dat die aansoek vir ‘n verhoging op nege en ‘n half persent sal neerkom.

Sonder die omgewingsheffing kom die totale verhoging op meer as 22 persent te staan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.