Tribunaal raps Britte oor Marikana-onderskepping

Deel op

‘n Tribunaal wat oor Britse instansies se bevoegdhede beslis, het bevind dat die Britse regering onregmatig opgetree het deur e-posse van die Regshulpsentrum rakende Marikana te onderskep.

Die regshulpsentrum het die onthulling as kommerwekkend beskryf. Die sentrum hanteer onder meer die saak van die families van mynwerkers wat in die Marikana-tragedie in 2012 dood is.

Volgens die Tribunaal vir Bevoegdhede verteenwoordig die onderskepping van boodskappe ‘n skending ingevolge Europese wetgewing verteenwoordig.

Die Tribunaal ondersoek onwettige, geheime ingryping van die staat of multinasionale maatskappye wat teen die reg op privaatheid indruis.

Daar is verder bevind dat die inligting wat bekom is glo op geen wesenlike manier aangewend is nie, maar dat die regeringsagentskap weliswaar te lank in besit daarvan was.

Die Suid-Afrikaanse en Britse regerings sal voorts versoek word om bykomende besonderhede oor die voorval in te win.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.