Die oorlogsmonument in Uitenhage in die Oos-Kaap is met wit verf beskadig het RSG berig.
Dit is die tweede voorval van vandalisme by die standbeeld die afgelope ruk, nadat dit in April vanjaar aan die brand gesteek is.
Ander standbeelde wat vanjaar in die provinsie deurgeloop het, is die standbeeld van Koningin Victoria, ‘n beeld in Port Elizabeth wat die rol van perde in die Boere-oorlog uitbeeld, asook die Burgermonument op Burgersdorp.
‘n Woordvoerder van die Nelson Mandelabaai-metro het die jongste voorval veroordeel. Hy sê geen vandalisme sal onder enige omstandighede geduld word nie.