Olimpiese atletieklegende oorlede

Die Bloemfonteinse atletieklegende en wenner van die hoogspringtitel vir vroue by die Olimpiese Spele in 1952 in Helsinki, Finland, Esther Brand is gister op die rype ouderdom van 92 jaar in Bloemfontein oorlede.

Brand is tot op hede die enigste Suid-Afrikaanse vroue-atleet wat ‘n goue medalje by ‘n Olimpiese Spele kon vermag. Sy het gewen met die destydse skêr-styl met ‘n hoogte van 1,67 meter.

Brand het tot ‘n paar jaar gelede gereeld diens gedoen as hoogspringbeampte by atletiekbyeenkomste.

Haar man, Jan Brand, het ook sy Springbokleure verwerf toe hy die land in fietsry by die 1948 Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.