Dronkbestuursaak uitgestel

Deel op

Image

Motata

14:54:12 Die dronkbestuursaak van Pretoria Hooggeregshof Regter Nkola Motata, is tot 3 November uitgestel vir die hof se beslissing dat 'n nuwe getuie ingebring word.

Deel op

Dit volg nadat die advokaat vir die verdediging, Danie Dorfling 'n aansoek deur die vervolging om getuienis van 'n ongeidentifiseerde getuie te lei, verwerp het. Dorfling sê deur die nuwe getuie so laat in die saak in te bring, sal sy klient benadeel en sy konstitusionele regte op 'n regverdige verhoor, skend.

Dorfling het landdros Desmond Nair ook gevra om die staat se geregtigheid om nuwe getuienis te lei teen Motata se reg op 'n regverdige verhoor, te oorweeg. Aanklaer Zaais van Zyl het die hof vroeër meegedeel dat 'n regverdige verhoor ook regverdigheid teenoor die publiek vereis.

Hy het die Strafproseswet aangehaal waarvolgens die staat 'n getuie op enige stadium van die kriminele verrigtinge kan dagvaar, indien so 'n getuie noodsaaklik vir die saak blyk te wees.  

give me money for free ukАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.