Boer oorleef wrede plaasaanval

Deel op

‘n Boer van die Paarl het ‘n wrede plaasaanval oorleef. Hy is aangeval toe hy op die erf ondersoek ingestel het.

Isak Kleinhans (49) het tydens ‘n inbraak Dinsdagaand ernstige beserings opgedoen nadat gewapende swartes ingebreek het op die plaas wat hy huur.

Sy verloofde en hyself is op die bed vasgebind en die aanvallers het hom met ’n metaalpyp geslaan. Hulle was met ’n panga en koevoet gewapen.

Die aanvallers het hulself uit die voete gemaak met gesteelde items waaronder ook Kleinhans se bankkaart en PIN-nommer.

Kleinhans is Woensdagaand uit die hospitaal ontslaan. Hy het beserings aan sy kop, rug en arms opgedoen.

Die polisie het bevestig ’n saak van huisbraak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.