Stappe teen 150 SABC-werkers wat mediese skema bedrieg

Deel op

Dissiplinêre stappe gaan teen meer as 150 SABC-werknemers gedoen word wat na bewering met mediese praktisyns saamgewerk het om die korporasie se mediese skema te bedrieg, het RSG berig.

Die SABC sê hy het deur middel van fluitjieblasers en ander meganismes van die onwettige praktyke bewus geraak.

Die woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die SAUK het bewyse van die oortredings, maar gaan dit nie in die stadium bekend maak nie.

Hy sê hy hoop dit sal ‘n duidelike boodskap stuur dat die korporasie nie enige bedrog of korrupsie sal duld nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.