DA-leier in PE smeek ANC op sy knieë

Deel op

Oproeriges moes met traanrook in die voorportaal uitgedryf word in die Nelson Mandelabaai-metro se vergadering waar die metro se begroting voorgelê is.

‘n Aantal oproermakers het die ou Wolraad-gebou in Sentraal voor middagete Donderdag binnegestorm. Hulle is deur veiligheidswagte voorgekeer, maar het aan die deure na die raadsaal gehamer.

Voorleggings is ontwrig toe die oproermakers al hoe luidrugtiger geraak het.

Retief Odendaal, DA-leier, het op sy knieë gegaan om te smeek om vergifnis nadat hy deur die ANC uitgejou is omdat hy nie “apartheid” verstaan nie. Odendaal wou aanvanklik nie die begroting ondersteun nie en het daarna buite stemming gebly.

Die betogers, lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu), het later aan Die Burger gesê hulle wil sekerheid hê dat ’n nasionale ingrypingspan nié hul werk gaan oorneem nie.

Gordhan sê dienslewering en werkskepping moet prioriteit geniet sodat die streek ekonomiese ontwikkeling kan geniet.

Hy sê hy is vol vertroue dat die nuwe burgemeesterspan probleme in die metro sal uitstryk.

Oproeriges het ook verkeer op die besige Addo-weg naby Motherwell in Port Elizabeth ontwrig weens griewe oor dienslewering.

Inwoners van Wells Estate beskuldig die Nelson Mandela-baai Metro daarvan dat ontwikkelingprojekte slegs op Fase Een fokus.

Hulle beweer dat die installering van geysers, herstelwerk aan gekraakte huise en die instandhouding van paaie nie na Fase Twee en Drie vorder nie.

‘n Inwoner sê die protesoptrede volg nadat hulle die munisipaliteit Woensdag 24 uur gegee het om op hulle griewe te reageer.

Intussen sê Pravin Gordhan die Nelson Mandelabaai-metro kan sy ekonomiese potensiaal slegs ontgin as korrupsie uitgeroei word.

Die minister van samewerkende regering het raadslede toegespreek tydens die metro se begroting in Port Elizabeth.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.