Regstelsel faal verkragtingslagoffers erg

Deel op

‘n Studie wat 2 068 verkragtingsgevalle gevolg het in 70 polisiestasies in Gauteng, deur die regstelsel vanaf 2003 tot op hede, word deur die SAPS ondersteun en gaan vrygestel word deur die Tswanarang-regssentrum en die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening.

Deel op

Van die kommerwekkende feite is dat van elke 25 mans wat vir verkragting aangekla word, daar 24 vry rondloop, en een uit elke 8 verkragtingbeskuldigdes is onder die ouderdom van 17 jaar.

Dit is net 'n paar van die feite wat deur die grootste studie ooit oor verkragting aan die lig gebring is. Daar is duidelike tekens dat die plaaslike polisie en regstelsel die verkragtingslagoffers ernstig in die steek laat.

Die studie het verder die volgende getoon:

Slegs 4,1 %van alle verkragtingsake eindig met ‘n skuldigbevinding.

Een uit 10 kinderverkragtingsgevalle wat by die polisie aangemeld word, eindig in skuldigbevinding.

Die helfte van alle aangemelde sake het arrestasie tot gevolg, maar net 42,8 % word in die hof aangekla.

Een uit 5 gevalle van verkragting wat aangemeld word, lei tot ‘n verhoor in die hof.

Een uit drie beweerde verkragters word borgtog toegestaan.

Van die 34 veroordeelde verkragters wat lewenslank kon kry, het slegs vier ‘n lewenslange vonnis gekry.

Meer as ‘n derde van die verkragtingslagoffers was onder die ouderdom van 17 jaar, met kinders onder die ouderdom van 7 wat 14,6 % van alle slagoffers uitmaak.

Die verslag het ook swak polisiewerk oopgevlek.

Meer as ‘n derde van beweerde slagoffers trek hul klagtes terug.

In een uit 5 gevalle word die saak teruggetrek omdat die polisie na bewering nie die beweerde slagoffers kan opspoor nie.

Die gemiddelde hoeveelheid pogings van die polisie om die beweerde slagoffers te kontak voordat hulle sê dat sy nie opgespoor kan word nie, is 3 keer. In sommige gevalle is daar geen poging aangewend nie.

Verslae wat resultate van DNS-toetse bevat, was beskikbaar in net 2% van die verkragtingsleêrs. Dit is ten spyte daarvan dat bewyse versamel is in 67 % van gevalle en dat dit in 51 % van die gevalle na die polisie se laboratoriums toe gestuur word.

Die verdagte se bloed word net in 8,2% van gevalle getrek.

In meer as die helfte van verkragtingsake moet die beampte in beheer van die saak herhaaldelik aangespreek word om die verdagte te gaan arresteer. In byna ‘n derde van die gevalle het die verdagte reeds verdwyn wanneer die polisiebeampte wel opdaag om hom te arresteer.

Terwyl die polisie  9 uit 20 verkragtingsake sluit omdat die oortreders nie geïdentifiseer kan word nie, is daar bevind dat daar in meer as driekwart van die aangemelde sake geen beskrywing van die beweerde verkragter was nie.

Die studie volg net twee maande nadat Mokotedi Mpshe van die nasionale vervolgingsgesag onder eed verklaar het dat die regstelsel kinderverkragtingslagoffers in die steek gelaat het.

In plaas daarvan dat daar vordering gemaak is sedert 2000, het die toegewyde kinderhowe verminder. Familiegeweld, kinderbeskermingseenhede en seksoortredingseenhede is herontplooi. Opgeleide forensiese maatskaplike werkers wat by die polisie in diens was, is baie skaars. Sommige landdroste werk nie 100% saam nie, die stelsel van distriksgeneeshere is ontbind en daar is steeds behoefte aan opleiding. Verder is daar hindernisse wat taal betref met sulke delikate sake wat dinge verder bemoeilik, het hy gesê.               

районная стоматологическая поликлиникаДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.