Charleston-skieter het geen skakel met SA nie

Deel op

Die vermeende “Charleston-skieter” wat uitgebeeld word met die ou Suid-Afrikaanse vlag op sy baadjie, het nie enige skakels met die land nie.

News24 kon geen amptelike gegewens van ‘n individu met sy naam en geboortedatum in enige Suid-Afrikaanse rekord opspoor nie, na ‘n soektog Donderdagmiddag.
 
Die Facebook-profiel foto van ‘n nors 21-jarige Dylann Roof toon ook ‘n Rhodesiese vlag onder die “apartheid-era” Suid-Afrikaanse vlag.

Dit lyk asof die vlae later amateuragtig op die foto geplak is aangesien die twee blokke nie die kontoere van die baadjie volg nie.
 
Volgens Associated Press, het ‘n wit man Woensdagaand op swart kerkgangers losgebrand tydens ‘n biduur in ‘n historiese swart kerk in die middestad van Charleston, Suid-Carolina.

Nege mense is dood, insluitend die pastoor.
 
Die skieter se daad is voor sy arrestasie Donderdagoggend deur die owerhede beskryf as ‘n haatmisdaad.
 
‘n Groot gedeelte van sy 87 Facebookvriende is egter mense van kleur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.