Pukke-raad sit glo oor rektor se termyn

Deel op

Nuwe verwikkelinge rondom die termyn van die rektor van Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, Herman van Schalkwyk, is vandag na verwagting op ‘n raadsvergadering in Potchefstroom ter sprake.

Voorsitter van die raad, Johan Kruger, sê hy wil hom nie uitlaat oor wat bespreek gaan word nie.

Dit kom nadat die NWU-raad in Maart bekendgemaak het dat Van Schalkwyk se termyn as rektor van dié kampus op 31 Januarie 2016 sal verstryk.

Die raad het aangevoer die besluit is gemaak om die aangevraagde eksterne regsadvies wat aan hom voorgelê is, te aanvaar. Enige moontlike poging deur die raad om Van Schalkwyk se termyn te verleng sou onwettig wees.

Kruger sê geen finale besluite oor die NWU se vise-kanselier, Dan Kgwadi, en sy bestuurslui se strategiehersieningsproses en die moontlike verandering van die bestaande bestuursmodel gaan vandag geneem word nie.

Die raad het in Maart aanbeveel dat ‘n behoorlike ontleding deur die bestuur vandag oor die bestaande bestuursmodel se uitdagings asook die voorgestelde modelle self, gegee moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.