Provinsie gryp in nadat Eskom krag afsny

Deel op

Die Vrystaatse provinsiale regering moes noodgedwonge ingryp by die Mafube munisipaliteit – wat ondermeer Frankfort, Villiers en Cornelia insluit – nadat dié munisipaliteit se finansiële probleme amper daartoe gelei het dat Eskom sy kragtoevoer afsny.

Olly Mlamleli, die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, sê haar departement en die provinsiale tesourie het die munisipaliteit gehelp om by die nasionale taakspan, wat saamgestel is om munisipaliteite by te staan, hulp te kry.

Mafube is een van 13 munisipalteite in die Vrystaat wat se staatstoelae deur nasionale tesourie weerhou is. Die munisipaliteit skuld Eskom ongeveer R40 miljoen en kon vir die afgelope drie maande nie sy amptenare betyds betaal nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.