Mynbou in Madagaskar, ‘n koste

Deel op

Madagaskar werp nou alles in sy mynsektor om armoede te probeer uitwis, maar daardeur verhoog die risiko’s vir die land se maatskaplike sektor en omgewing geweldig. Dit is ook geen uitgemaakte saak dat die insette die winste sal regverdig nie.

Deel op

Die Indiese-Oseaan eiland is een van die wêreldse armste lande, maar die eiland het van die wêreld se grootste minerale rykdomme wat betref saffiere, nikkel, bouksiet, en ander minerale.

Mynbou maak net 4 % van die land se BBP uit, maar die groot onontginde mineralebronne het die land aantreklik gemaak vir vele buitelandse maatskappye sedert die bronne se teenwoordigheid daar raakgesien is.

Rio Tinto, ‘n Brits-Australiese firma en Sherritt, van Kanada het onderskeidelik die wêreld se grootste ilmeniet- en nikkelmyne daar begin, en is maar net ‘n paar van die mynreuse wat op die “groot rooi eiland” toesak.

Kruiptrekkers is besig om Sherritt se 4 miljard dollar nikkelmyn, een van die 5 grootste projekte mynprojekte ter wêreld te skep, terwyl ‘n pyplyn ook gebou word deur die krimpende natuurlike habitat van een van die bedreigde lemur spesies van die land.

Dit is naby aan die hart van die primêre woud, byna teenaan die stuk gebied wat geoormerk is vir beskerming, het Leon Rajaobelina, visevoorsitter van Beskerming Internasionaal se Madagaskar tak gesê.

In 2006 het die regering reeds aan Sherritt toestemming gegee vir die Ambatovy projek, wat ook kobalt en Ammonium sulfaat gaan ontgin, vanaf 2010 vir ’n tydperk van 27 jaar.

Volgens ‘n ondersoek gaan tussen 1300en 1700 hektaar grond wat 1378 blommespesies huisves, aan die myn afgestaan word. Van die spesies is 47 endemies aan die gebied.

Die plantelewe van Ambatovy is van die mees bedreigde spesies in Madagaskar se woude, het Rainer Dolch van die organisasie Mitsinjo gesê.

Die regering hou vol dat daar ‘n balans gevind is tussen die beskerming van die eiland se biodiversiteit, die toerisme bedryf ingesluit, en die aggressiewe mynbouontwikkeling.

Tot onlangs toe was Fort-Dauphin, ‘n vissersdorpie wat sy bestaan gemaak het uit kreef vang, ‘n klein, rustige plekkie wat oor drie baaie uitgekyk het.

In 2005 het Rio Tinto ‘n drywende myn daar opgerig wat ilmeniet ontgin uit die sand.

Die grootte van die myn het die dorpie se rustigheid vernietig, en die bevolking het verdubbel na 70 000 mense, en nuwe hotelle staan sy aan sy met ou koloniale styl geboue.

Coplan Andrianarijaona, ‘n kok in die plekkie sê pryse van kos is met 40 % op en haar huur het in twee jaar drievoudig verhoog.

Die protes word gelei deur die vissermanne wat kla dat hulle oorlewing wat op kreef gebaseer was, deur die myn bedreig word.

Daar is ook risiko’s vir die regering, wat regte aan die mynmaatskappye gegee het wat geen ander lande sou toestaan nie.

Die kontrakte wat met Rio Tintoe en Sherritt geteken is, stipuleer geen persentasies wat aan die regering betaal hoef te word nie, en die maatskappye se winste is belastingvry vir die eerste 5 jaar van hulle handeldrywende tydperke.

Ons word gekritiseer dat ons te toegeeflik was, het Gerard Rakototafika, die land se mynhoof gesê, maar hy het uitgewys dat dieooreenoms met Tinto reeds in 1998 geteken is, en dat Madagaskar toe niks gehad het om aan te bied vir infrastruktuur nie, en dus kon hulle nie meer vra nie.               

jackpot slotstopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.