Reuse optog vir 19 Augustus beplan

Deel op

‘n Reuse protesoptog, sogenaamd teen korrupsie, die grootste in die land se geskiedenis, word vir 19 Augustus beplan om saam te val met die adhoc-komitee oor Nkandla se voorlegging aan die Nasionale Vergadering.

‘n Alliansie van burgerregte-organisasies en vakbonde reël die protesoptogte wat gelyktydig na die Uniegebou in Pretoria en die Parlementsgebou in Kaapstad sal lei.

Section27, wat teen Afrikaanse skole agiteer, het aangedui dat hulle die optog sal ondersteun.

Die vakbonde, insluitende Numsa, verreweg die land se grootste vakbond, gaan voor die einde van die week ’n kennisgewing by Nedlac indien.

Hulle sal toestemming van die owerhede vra om die maatskaplik-ekonomiese protesoptog te hou wat dit wetlik beskermde protesoptog sal maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.