Witte brand op swart kerkgangers los in VSA

Deel op

Nege swartes is dood toe ‘n wit aanvaller in die geskiedkundige Charleston-kerk in die Amerikaanse staat Suid-Carolina op mense losgebrand het. Die swart kerk is 150 jaar oud.

Die polisie sê reeds dit was ‘n “haatmisdaad”, terwyl die aanvaller steeds op vrye voet is. Hy word beskryf as kort en blond.

Hulle het ook gesê hy is die “enigste verdagte”. Die FBI was ook dadelik op die toneel.

Die voorsitter van die NAACP in Charleston, Dot Scott sê die man het volgens ooggetuies eers ‘n rukkie in die kerk gesit en toe opgestaan en begin skiet.

Die voorval was omstreeks drie-uur vanoggend Suid-Afrikaanse tyd in die Emanuel African Methodiste Episkopale kerk.

Afro-Amerikane aanbid hoofsaaklik in die kerk. Die verdagte, wat as ‘n wit man beskryf word, word deur die owerhede gesoek.

Volgens ooggetuies het die man agt swart kerkgangers doodgeskiet en twee gewond. Een van die twee het later aan skietwonde beswyk. Daar word vermoed dat dit ‘n rassevoorval was.

‘n Senator en sy suster is na bewering onder die slagoffers. ‘n Bomdreigement is later ook naby die toneel van die skietery ontvang.

Die Charleston polisie soek na ‘n wit man in sy twintiger-jare. Die burgemeester van Charleston, Joe Riley, het dit as ‘n hartverskeurende tragedie bestempel.

Die kerk was een van die grootste en oudste swart gemeentes in die streek. Die kerkgebou is in 1891 gebou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.