Amerikaanse onderwyseres op Tuinroete verkrag

Deel op

Twee swart verdagtes sal Woensdag in die Stormsrivier-landdroshof verskyn in verband met die beweerde verkragting van ’n 47-jarige Amerikaanse vrou.

Die vrou is langs die Tuinroete se Tsitsikamma Nasionale Park oorval en verkrag. Sy is ’n onderwyseres by ’n skool in Gauteng.

Die polisie se adjudant-offisier Gerda Swart sê die vrou het omstreeks twaalfuur gaan draf toe die swartes haar oorval het.

SANParke het die aanval in ‘n verklaring bevestig en die polisie geloof vir hulle flinke optrede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.