Lesufi besoek wit boelies

Deel op

Die Gautengse Departement van Onderwys het skriftelik geantwoord op ’n navraag deur OFM-nuus en bevestig dat die hoof van die Krugerlaan Hoërskool in Vereeniging met die ouers van ’n boelie-slagoffer vergader het.

Die Gautengse LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi het vandag die skool, die ouers van beide wit seuns en die skool se bestuurspan ontmoet.

Dit volg nadat ’n video Vrydag op Youtube geplaas is wat wys hoe ’n wit seun deur ’n mede-leerling geboelie word, terwyl ‘n wit onderwyser niks doen om die voorval te keer nie.

Departementele woordvoerder Phumla Sekhonyane sê die departement wag steeds vir ‘n verslag van die skool. Lesufi het sy teleurstelling met wat by die skool gebeur het uitgespreek. Hy het verder sy departement opdrag gegee om die toesig van leerders by die skool te ondersoek.

Intussen het die voorsitter van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS), Paul Colditz, gesê die video is skokkend.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.