Motoriste gewaarsku teen kapingslenter

Deel op

Motoriste in die Vrystaat word gewaarsku om veilig te bestuur en op die uitkyk te wees vir klippe wat deur booswigte in die pad gepak word in ‘n poging om voertuie te kaap.

Polisiewoordvoerder, Mosili Ntsika, sê voorvalle waarin motoriste gekaap word nadat hulle stadiger ry of stop weens versperde paaie, veral op die R702 na Dewetsdorp buite Bloemfontein, neem toe.

Ntsika sê dit was nie ‘n geïsoleerde voorval nie en verskeie soortgelyke voorvalle op dié pad toon ‘n toename sedert betogings oor swak dienslewering in die gebied sedert die begin van die jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.