Polisie wat moordverdagtes doodmartel borg geweier

Deel op

‘n Polisiebeampte en ‘n polisie-informant van Springs aan die Oos-Rand wat na bewering drie vermeende moordverdagtes gemartel en vermoor het, is in die Landdroshof in Carletonville borgtog geweier, het RSG berig.

Die twee beskuldigdes is meer as ‘n maand gelede saam met nog twee polisiebeamptes in hegtenis geneem, nadat die liggame van die drie mans in ‘n oop veld in Carletonville gevind is.

Die landdros het aan die verdagtes gesê hulle het baie geleenthede gehad om na vore te kom en die waarheid te vertel, maar het aangehou om dit weg te steek.

Die beskuldigdes sal op 3 Julie weer in die hof verskyn. Die ma van een van die slagoffers sê sy is bly die beskuldigdes se borgtog is geweier, aangesien sy bang was dat hulle sou probeer om haar te intimideer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.