Blonde slimkop se dood skok Pukke

Deel op

Studente op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) was Maandag geskok na die skielike dood van ‘n blonde slimkop eerstejaarstudent aan breinvliesontsteking.

Prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, en prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het hul medelye teenoor die meisie se familie en vriende uitgespreek.

Leana Labuschagne (19), wat ‘n geoktrooieerde rekenmeester wou word, was ‘n inwoner van die Oosterhof-koshuis.

Sy was die naweek nog blakend gesond en het Sondagnag begin siek voel en gekla oor naarheid en hoofpyn.

Sy is in die hoësorgeenheid van die Mediclinic Potchefstroom opgeneem, maar is dood aan aansteeklike meningokokkale meningitis (breinvliesontsteking) nog voordat haar ma van Pretoria in Potchefstroom kon aankom.

Dr. Emile Kotzé, kampusgeneesheer, het Maandag in ’n verklaring gesê dit word as ’n geïsoleerde geval beskou.

Leana was ‘n oudleerling aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria.

Sy sou Vrydag haar laaste vraestel voor die vakansie skryf. Leana se pa, Leon, is drie jaar gelede aan ‘n hartaanval oorlede.

Haar jonger sussie, Marli, ’n gr. 8-leerling aan Waterkloof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.