President Wladimir Poetin van Rusland het aangekondig dat 40 nuwe interkontinentale ballistiese missiele tot sy kernwapen-arsenaal gevoeg gaan word.
Poetin het die aankondiging saam met die Finse president Sauli Niinisto by die opening van ‘n wapenskou naby Moskou gedoen tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie.
Rusland sal ook ‘n nuwe mikrogolfwapen bekendstel wat onbemande tuie sal kan afskiet. Die Armata-tenk sal ook by die skou te siene wees.
Poetin se opmerkings volg ‘n dag nadat Russiese amptenare ‘n Amerikaanse plan, om swaar wapentuig in NAVO-lande aan die Russiese grens te plaas, veroordeel het, as die mees aggressiewe optrede sedert die Koue Oorlog.
Poetin sê die weermag sal ook begin om sy nuwe langafstand vroeë waarskuwingsradarstelsel te toets, wat ten doel het om die westelike rigting te monitor ná die Pentagon die naweek uitbreidingsplanne in Oos-Europa in die New York Times aangekondig het.
Pole en Litoue het reeds aangedui dat hulle Amerikaanse wapens sal inneem en stoor.
Die betrekkinge tussen Rusland en die Weste het die afgelope tyd ‘n laagtepunt bereik, nádat die VSA Rusland sonder getuienis daarvan beskuldig het dat die Russe ‘n passasiersvliegtuig vol Nederlandse burgers, die MH17, oor die Oekraïene afgeskiet het.
Rusland het intussen data vrygestel oor die vliegramp wat toon dat die junta in Kiëf aanspreeklikheid behoort te aanvaar.
Die Westerse media probeer tans naarstiglik die kwessie begrawe aangesien hulle die junta steun en fokus op Rusland se “anneksasie” van die Krim.
Die Krim het in ‘n nasionale referendum vreedsaam gestem om by Rusland ingesluit te word. Die VSA en Brittanje beskou die referendum as ‘n “oortreding van die internasionale reg”, in teenstelling met hul eie bemoeienis in Kososvo.