Brittanje in krisis nadat Zuma IS aflag

Deel op

Die Statuut van Rome, die grondslag vir die oprigting van die Internasionale Strafhof (IS), het aan die hof ‘n spesifieke mandaat gegee wat beteken die IS kan net reageer op misdade wat sedert 2002 plaasgevind het.

Die jurisdiksie van die Hof is verder gebaseer op die beginsel van komplementariteit. Dit beteken dat die IS slegs jurisdiksie het wanneer ‘n lidstaat nie in staat is nie of onwillig is om ‘n internasionale misdaad aan te spreek.

Daarom meen internasionale regskenners dat die potensiële sake wat voor die hof gebring kan word, nie veel is nie.

Tans word misdade in Colombia, Zimbabwe, en Verenigde State van Amerika oorweeg na laasgenoemde se inval in Irak.

Die besluit van die Suid-Afrikaanse regering om die hoërhof in Pretoria te omseil en skynbaar toe te laat dat Omar al-Bashir, die Soedannese president wat beskuldig word van volksmoord en oorlogsmisdade, vertrek, is dus nie noodwendig ‘n oortreding in die lig van die IS se beperkte jurisdiksie nie.

Die herrie gaan eerder oor die ANC se verbintenis tot sy sogenaamde “sleutelbondgenote”, naamlik die VSA en Brittanje, as die lasbriewe wat in 2009 uitgereik is deur die IS teen Bashir.

Die daad van verset deur president Jacob Zuma – en daar kan min twyfel bestaan dat hy direk betrokke is – plaas hom aan die spits van Afrika-leiers wat argumenteer dat die IS bevooroordeeld teenoor Afrika optree en bloot ‘n onderdrukkende instrument van Westerse magte is.

Zuma se skynbare “anti-imperialistiese” houding is besonder gewild in die ontwikkelende wêreld en ‘n deurbraak in voortgesette pogings om Soedan se diplomatieke isolasie te beëindig.

Die feit dat Zuma ‘n gesogte beraad van die Afrika Unie gehou het in ‘n land wat die Roomse Statuut bekragtig het, maar de facto immuniteit verleen het van Britse vervolging en skotvry daarvan afgekom het, verteenwoordig ‘n krisis vir die VSA en sy bondgenoot Brittanje.

Amerika is die land wat die grootste legitimiteit aan die ANC verleen, naas die VK.

Bashir het soortgelyke maar minder dramatiese eskapades in Egipte, Libië en Saoedi-Arabië, gehad, maar sy vertrek uit Suid-Afrika is ‘n beduidende terugslag vir die hof.

Die IS staar ‘n volskaalse rebellie in die gesig van baie van die Afrikalande wat oorspronklik ‘n mandaat onderteken het, gelei deur Suid-Afrika.

Zuma se regering het nie net versuim om saam te werk nie. Hulle het die departement van justisie se regspan in effek, namens Bashir laat optree.

In ‘n duidelike stekie na die VSA, wat soos China, Rusland en Indië nie ‘n IS-ondertekenaar is nie en beskuldig word van dubbele standaarde, het die ANC gesê “groot menseregtevergrype deur nie-ondertekenaars word nooit ondersoek nie”.

Gebeure Maandag het kommer in die VSA en Brittanje verhoog oor hul eie nie-wit minderhede se houding teenoor Suid-Afrika en Afrika en hul eie internasionale vooruitsigte in ontwikkelende lande. Van Nelson Mandela se “menseregte” en hul mooiklinkende beloftes, het nou duidelik dadels gekom.

Die IS wat nog herstel van sy onvermoë verlede jaar om Kenia se president, Uhuru Kenyatta te vervolg, se ondersoek is boonop bevries in Darfoer in die westelike Soedan, waar Bashir se menseregtevergrype na bewering plaasgevind het, as gevolg van ‘n gebrek aan VN-ondersteuning.

Fatou Bensouda, die IS-aanklaer, het intussen gekla dat die geloofwaardigheid van IS as ‘n instrument van internasionale vrede en veiligheid, aangetas is. Sy egter hou vol dat die hof ook “misdade van seksuele voorkeur en gender” moet ondersoek, nog ‘n ongewilde tema in Afrika.

Die IS ondersoek tans nege kwessies, almal in Afrika, en elkeen word deur die vasteland as “rassisties” afgemaak.

Weens die volgehoue kritiek van rassisme het die IS sedertdien begin met voorlopige ondersoeke na beweerde misdade in die Oekraïne, Palestina, Irak en Honduras.

Vroeër het Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu gesê die versuim deur sommige van die magtigste lande om hulle te onderwerp aan die Internasionale Strafhof, het ‘n klimaat geskep vir Suid-Afrika om toe te laat dat Bashir die land verlaat. Tutu het kennelik na die VSA verwys.

Die leier van die EFF, Julius Malema het ‘n beroep gedoen dat die president van Soedan, Omar al-Bashir, vervolg word, máár deur ‘n Afrika-hof. Malema het gesê dat sy party nie die “sameswering” gesteun om Bashir in hegtenis te neem nie, omdat dit ‘n opdrag was van ‘n “imperialistiese organisasie”.

Hy sê Bashir moet vervolg word deur ‘n regverdige regstelsel, nié die Internasionale Strafhof nie. Daarmee het hy Robert Mugabe se gewilde oproep gesteun.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.