Zimbabwe kripeer sonder kos

Deel op

Die feit dat Zimbabwe sowat $300 miljoen se voedselhulp nodig het hierdie jaar as gevolg van ‘n massiewe daling in produksie van mielies is te danke aan die verflenterde landboubeleid van die regerende party, het die opposisieparty Dinsdag gesê.

President Robert Mugabe het vroeër wit boere van hul plase afgejaag en hul grond gekonfiskeer om stemme te werf vir sy party.

Die situasie in Zimbabwe kan nie “meer desperaat raak as wat dit nou is nie”, het Obert Gutu, ‘n woordvoerder vir die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) gesê. Die MDC word steeds deur Morgan Tsvangirai gelei.
 
Zimbabwe was bekend as die broodmandjie van Suider-Afrika. Op Maandag, vise-president Emmerson Mnangagwa gesê $300 miljoen is nodig vir kosinvoere.
 
Mnangagwa, wat aan die woord was by die bekendstelling van ‘n verslag deur die World Food Programme van die VN, het gesê mielieproduksie het afgeneem met 49% en hy hoop die volgende oes sal “aansienlik beter as hierdie een” wees.
 
Die Amerikaanse organisasie Famine Early Warning Systems Network het gewaarsku dat voedseltekorte krisisvlakke kan bereik in Julie as daar geen voedselhulp is nie.
 
President Robert Mugabe se regering dring daarop aan dat die swak oeste as gevolg van droogte is. Die 91-jarige, wat reeds sewe termyne dien, het vroeër vanjaar erken dat nuwe swart boere nie in staat is om hul plase te bestuur nie.

Hy is egter steeds openlik anti-wit.
 
Gutu het in ‘n verklaring gesê: “Robert Mugabe en sy skelm administrasie is bankrot en nie in staat om voldoende finansiële hulpbronne te benut ten einde die mielies wat nou dringend nodig is in te voer nie.”

Ten spyte van die volksmoord wat Mugabe teen die Ndebeles en wit boere gepleeg het, is daar geen lasbrief uitgereik vir sy inhegtenisname nie.
 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.