Jenner en Dolezal se knuppels in die linkse hoenderhok

Kyk, as daar één ding is wat jy nie vir ‘n feminis moet sê nie, sou dit wees dat die manlike en die vroulike brein wesentlik verskil. Volgens feministe is dit ‘n infame leuen, en is daar hoegenaamd geen onderskeid in terme van denke en emosies te tref tussen die manlike en vroulike psiges nie. ‘n Vrou, volgens die feminis, is in ‘n elke iedere opsig nie net mans se gelykes nie, ook op verstandelike vlak, maar inderdaad ook mans se meerderes. (Het Frans Ludeke tog net hierna geluister voor die huidige seisoen, dan kon die Bulle se patetiese voorry versterk gewees het met ‘n paar draers van plat skoene van die teenoorgestelde geslag!)

Voorts hou die linkses vol dat ras ‘n blote sosiale konstruk is. Met ander woorde: ‘n Pikswart Kongolees is 100% dieselfde as ‘n Chinees en ‘n blonde Sweed, buiten vir sy velkleur. Dit is blote sosiale indoktrinasie wat ons maak dink dat hierdie drie persone hoegenaamd verskil agv hulle ras.

Maar o, weë, toe kom die 65-jarige oupa en voormalige Olimpiese atleet, Bruce Jenner, asook die voormalige sproetgesig blondine, Rachel Dolezal, en gooi lelike knuppels in die linkses se hoenderhok.

Jenner het onlangs op die tydskrif Vanity Fair se voorblad gepryk as ene Caitlin, wat volgens Jenner die ware Jakop is; die eintlike Bruce is nie Bruce nie, maar Caitlin. Jenner beweer dat hy van kleins af besef het hy is in werklikheid ‘n vrou. Caitlin het weliswaar, en op teenstrydige wyse, beduidende hoeveelhede hulp nodig gehad om haarself te omvorm na iemand wat hy glo werklik was. Niemand se natuurlike vel lyk op 65 soos Caitlin se vel op die voorblad van Vanity Fair nie. Daar is miljoene rande se silikoon, hormooninspuitings, Photoshop en grimering gebruik om die groteske “vrou” met sy vierkantige kakebeen en gespierde skouers op die voorblad van Vanity Fair te kry. Tog vreemd, nie waar nie, dat Jenner beweer Caitlin is wie hy al die tyd was, maar dat dit ‘n enorme hoop geld en inspanning vereis het om sy beweerde eintlike self na vore te bring. Jenner is egter nog nie heeltemal Caitlin nie. Jenner het nog nie heeltemal so ver gegaan nie. Bruce se knuppel is as’t ware nog steeds in sy hoenderhok.

Nietemin het die hoofstroommedia, nes ‘n verwarde spul hoenders, geskarrel om hul klakkelose bewondering vir Caitlin uit te spreek. Enige iemand wat gegril het vir die groteske bespotting wat Jenner van ware vrouens gemaak het, is uitgekryt as agterlik en bevooroordeeld. Nes die geval is met ras as ‘n beweerde sosiale konstruk, verkondig die media ook wyd en syd dat daar in werklikheid ‘n legio sogenaamde geslagte is, en dat elke individu sommer namens hom-, haar- of ditself kan besluit wat hy/sy/dit is. Facebook in die VSA het ‘n allemintige 56 sogenaamde “genders”, waaronder belaglikhede soos “cisgender” en “genderqueer” tel. Die mediese wetenskap, daarenteen, herken slegs drie moonlikhede: Persone met twee X-chromosome, ‘n X en ‘n Y chromosoom, of dan gevalle soos Caster Semenya, wat bekendstaan as interseks.

Jenner is nie laasgenoemde nie. Hy is nie ‘n Caster Semenya-geval nie. Nee, Jenner het gemaak soos die linkses aanbeveel, en sommer vanself besluit hy is ‘n vrou, en toe miljoene rande daaraan spandeer om homself reg te bewys. Maar, en hier is waar Jenner asook die klakkelose media erg van die wa afval, volgens die feminisme is daar geen verskil die tussen manlike en vroulike brein nie. Hoe nou gemaak? Jenner beweer dat sy brein, maar nie sy liggaam nie, van meet af aan vroulik was. Albei kan gevolglik nie reg wees nie. Ek wag in spanning vir die feministiese propagandiste, onder andere die individu met die blou hare wat vir Women24 skryf, om hierdie teenstrydigheid vir ons te op te klaar.

Die tweede linkse bedrieër wat my maand aansienlik opgehelder het, is die telgie van twee ekstreemlinkse, selfhatende blanke ouers van Tsjeggiese en Duitse herkoms, Rachel Dolezal. Sy het haarself, baie soos Jenner, probeer omvorm in wat die Amerikaners ‘n “colored” sou noem, kompleet met ‘n gevlegde boskaas, wat sekerlik ‘n formidabele parasietlading dra, asook ‘n oranje vel wat skynbaar die resultaat van verbruiningsprodukte is. Haar linkse ouers het nie minder nie as vier swart wesies aangeneem, iets wat klaarblyklik permanente letsels op Dolezal gelaat het. Was haar ouers teleurgesteld dat hulle biologiese kind onverklaarblaar ook blank gebore is? Sy het selfs met ‘n swart man getrou.

Nie net het Dolezal haar voorkoms probeer verander nie, maar ook die kenmerkende slagoffermentaliteit van sekere rasgroepe haar eie gemaak. Sy het in 2014 die voorsitster van ‘n tak van die National Association for the Advancement of Colored People, die NAACP, geword, en daarin geslaag om dié spul professionele slagoffers vir twee jaar vir die gek te hou. Ten spyte van haar blou oë het niemand skynbaar lont geruik nie, en kon Dolezal selfs daarop aanspraak maak dat sy, ‘n blanke persoon, die slagoffer was van rassehaat. Sy het so ver gegaan om haar werkgewer te dagvaar vir diskriminasie op grond van haar (swart) velkleur.

Die uiteinde was egter dat Dolezal moes bedank as voorsitster van haar tak van die NAACP. Skynbaar is ras nie altyd ‘n sogenaamde sosiale konstruk nie, en het dit tog ‘n biologiese grondslag, maar slegs wanneer dit die linkses pas.

Daar is talle ooreenkomste tussen Jenner en Dolezal se bedrog. Beide het self probeer besluite neem oor hul genetiese lot in die lewe, en hul genetiese toekoms as’t ware in hul eie hande geneem. Dolezal en Jenner het egter in die proses, en heel waarskynlik sonder dat dit enigsins hulle bedoeling was, briljant daarin geslaag om op ‘n genadelose wyse die draak te steek met die linkses se waansin.

Jenner is nié “Caitlin” nie – hy is ‘n verwarde oupa van 65, wat op sy oudag jimpel geraak het. Sy poging om homself te omvorm in ‘n vrou, dryf bloot op groteske wyse die spot met elke regte, biologiese vrou, dws meer as 50% van alle mense op aarde. Nie net dryf die groteske Caitlin die spot met vrouens nie, maar ook met Facebook se 56 “genders” asook met diegene wat sulke propaganda in ons almal se kele wil afdruk.

Dolezal het op haar beurt gewys hoe verspot maklik dit is om gek te skeer met die industrie van professionale swart slagoffers. Waarom is sy egter in die pad gesteek? Ras is immers glo ‘n sosiale konstruk. As die linkses hul eie snert geglo het, is Dolezal net so swart soos die donkerste Kongolees. Hoekom? Want Dolezal sê so.

‘n Voormalige werwingsplakkaat van die Amerikaanse leër het gelui: “Be all you can be.” Vir die hedendaagse kranksinnige en dom linkse (is daar enige ander soort?) het dié slogan egter verander in: “Be anything you want to be.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Karel Combrinck

    Die feministe: Hulle verskil net wanneer hulle oulik wil wees.

    • Dolk

      Tussen Olik, Oulik en Uier kan daar ‘n lelike koei met dun bleek lippe wegkruip…

  • african4

    http://www.nature.com/nature/journal/v486/n7404/full/nature11128.html?WT.ec_id=NATURE-20120628#f4

    Genetika bewys dat swartes geneties nader aan chimps is, as aan wit mense.

  • Kaylee van Yken

    Met verwysing na die aangehegte foto, daar is hoegenaamd GEEN beduidenis van enige vroulikheid waarneembaar nie. Jy is wat jy is – in die geval, gruwelik onaanvaarbaar.

  • Arnieann

    Het ons daai soort mense nie “Spring-moere” genoem nie?

  • Jared van Niekerk

    Al sit mens lipstiffie op ‘n vark, bly hy nog ‘n vark.

  • RSA PATRIOT

    Ai die wêreld is darem vol van ‘n klomp verwarde mense. Bruce Jenner het hierdie maand in Amerika ‘n toekenning gewen vir “brawade”. Die naaswenner was ‘n man wat beide sy bene in oorlog verloor het, homself weer opgebou het, en ‘n paralimpiese kampioen geword het. Dit is die belaglikheid van die NWO wat weer kop uitsteek.

    • Rifrug

      “Ai die wêreld is darem vol van ‘n klomp verwarde mense.”

      Daar is sekerlik ‘n klomp verwarde mense, maar wat jenner doen grens vir my aan “Self-mutilation is a general term for a variety of forms of intentional self-harm without the wish to die. Cutting one’s skin with razors or knives is the most common pattern of self-mutilation.”

      Tog word tatoeëermerke deur die massamedia bevorder … in films, sport en klugspele (wwe). Volgens die bron https://af.wikipedia.org/wiki/Tatoe%C3%ABermerk ‘’n vorm van liggaammodifisering.’

      “liggaammodifisering” word volgens my verstaan van die vervaardigers handleiding van die mens: Die Bybel … duidelik verbied!

      Lev 19:28 Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.

      Ek dink daar is duiwels (demone … of ken jy ‘n beter naam?) wat die tipe gedrag dryf.

      • Kaylee van Yken

        EEN WOORD, AFGRYSLIK !
        (Skuus ek skree).

        • Rifrug

          EFESIËRS 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

          • Kaylee van Yken

            Baie dankie vir die teksvers-verwysings.

      • Dolk

        Self-verminking.Bose geeste.

        • Dolk

          So tragies…

          • Kaylee van Yken

            Dolk, die foto’s is ontstellend en die feit dat dit kinders is wat hul liggame so skend … wat gaan aan in hul koppe, waar pas die ouers in.

          • Dolk

            Kaylee, ek is seker daarvan dat daardie mense uit huise kom waar hulle verskriklik afgekraak, mishandel, geestelik vermink was – is… Daar is so baie pedofiele, verkragters, molesteerders, dwelm misbruik, drank misbruik, mense wie gebore was toe hul moeder op dwelms, alkohol was – selfs sigarette gerook het. Weeskinders, verstotelinge… Die lys is so lank… Dis verskriklik hartseer!

          • Kaylee van Yken

            My hart breek in stukkies !

      • Jared van Niekerk

        Jenner weet dit goed. Hy het sjirurgie gehad om sy gesig te “feminize.” Na afloop van die sjirurgie het hy glo gevra: “What have I done to myself?”

  • GAS

    “Jenner is egter nog nie heeltemal Caitlin nie. Jenner het nog nie heeltemal so ver gegaan nie. Bruce se knuppel is as’t ware nog steeds in sy hoenderhok.” Ek het lanklaas so gelag.

  • Riempies

    Twee strominge wat besig is om in plek te kom is die
    volgende: Die ontwikkeling van die antichris en die oorbevolking van die aarde.

    Vir die ontwikkeling van die antichris moet daar een universele
    kleur, identiteitslose, willose, onintelegente mans en vroue geteel word wat
    sonder moeite beheer kan word deur een regering en regstelsel en een geldstelsel.

    Die antichris kan net effektief ontwikkel as die man sy
    regmatige plek in die hiragie orde verloor, en ondergeskik aan die vrou geplaas
    word, en in hierdie proses beide geslagte hulle behoefte aan die estetiese
    verloor, m.a.w geloof hoop en liefde – vernietig.

    Die eskelasie van geslagloosheid wat die malse aanwas moet
    inhibeer oor tyd.

    Baie interessante waarneming is toename van geslagloosheid
    van leerkragte in die akademie.