AU militêre raadgewers na Burundi

Deel op

Leiers op die beraad van die Afrika-unie in Sandton, Johannesburg, het ingestem om militêre kundiges na Burundi te stuur nadat die land die afgelope tyd deur geweld geskud is oor president Pierre Nkurunziza se omstrede besluit om vir ‘n derde termyn te staan.

Die AU se vrede- en veiligheidskommissaris, Smail Chergui, het aan verslaggewers gesê hulle hoop om minstens 50 kundiges te ontplooi.

Burundi se verkiesingskommissie het Vrydag al agt presidentskandidate – insluitend Nkurunziza en sy belangrikste teenstander, Agathon Rwasa — vir die verkiesing goedgekeur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.