Bejaarde in Reddersburg oorval

Deel op

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n klag van huisbraak nadat ‘n bejaarde vrou gister in die vroeë oggendure in haar meenthuis op Reddersburg oorval en met ‘n skerp voorwerp gedreig is.

Polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê nog niemand is in hegtenis geneem nie nadat die 73-jarige Marie de la Rosa Sondagoggend kort na 12:00 in haar slaapkamer geluide gehoor en ‘n man met ‘n flitslig gesien het.

Hy het ‘n skerp voorwerp soortgelyk aan ‘n deel van ‘n skaapskêr teen haar keel gehou en geld geëis. Volgens Hlubi het die booswig De la Rosa se bankkaart en die PIN-kode vir die kaart geëis. Hy het ook juwele en haar selfoon gesoek. Die man het vermoedelik te voet gevlug.

De la Rosa se seun John het gister aan OFM-nuus gesê altesaam vier ontrekkings is kort na die voorval uit sy ma se rekening gemaak.

Volgens hom is sy ma fisiek ongedeërd maar erg getraumatiseerd na die voorval. Hy sê dit is die tweede aanval op ‘n bejaarde vrou op die dorp verlede week.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.