Al-Bashir-lasbrief toets vir Internasionale Strafhof

Deel op

Die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum het om ‘n dringende hofbevel aansoek gedoen om Soedan se president Omar al-Bashir in hegtenis te laat neem.

Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir Bashir se inhegtenisname uitgereik.

Bashir word as ‘n Chinese oliebondgenoot beskou en die kwessie is ook ‘n toets vir die Internasionale Strafhof se geloofwaardigheid.

Die ANC het intussen verklaar dat die Internasionale Strafhof nie meer doeltreffend is vir die doel waarvoor dit tot stand gebring is nie. Afrikalande het reeds kapsie gemaak oor die Hof se partydigheid.

Die regering van Soedan sê sy president, Omar al-Bashir sal Suid-Afrika eers verlaat nadat sy bedrywighede by die 25ste Afrika Unie-beraad in Sandton afgehandel is.

Die Hooggeregshof in Pretoria het die aansoek tot vanoggend uitgestel en opdrag gegee dat al-Bashir nie die land mag verlaat nie.

Soedan se minister van buitelandse sake, Ibrahim Ghandour het aan die SABC gesê al-Bashir is op uitnodiging van die Afrika Unie in Suid-Afrika en sal sy verpligtinge as president nakom.

Talle Afrika-lande beskuldig die Strafhof van selektiewe geregtigheid en die ANC het gevra vir ‘n hersiening van die hof se mandaat, om dit op alle lede van die Verenigde Nasies van toepassing te maak.

“President Bashir is nog in Johannesburg, maar ons verlaat Suid-Afrika vandag [Maandag],” het sy woordvoerder, Mohamed Hatem aan Reuters gesê.

Regter Hans Fabricius het Bashir Sondag verbied om Suid-Afrika te verlaat totdat hy ‘n besluit oor ‘n aansoek gemaak het.

Die verhoor oor die saak sal Maandag hervat om 0930 GMT hervat word.

Suid-Afrika se regering het die hof se beslissing uitgedaag omdat Bashir immuniteit gegee is, sowel as alle ander afgevaardigdes na die AU-beraad.

Soedanese amptenare het Sondag gesê die hofbevel het “geen waarde” nie, want Bashir is uitgenooi deur die Suid-Afrikaanse regering.

Amnestie Internasionaal het ook geëis dat Al-Bashir onmiddellik gearresteer moet word.

Die menseregtegroep se navorsingsdirekteur vir Afrika, Net-sanet Belay, sê indien president Jacob Zuma se regering hom nie in hegtenis neem nie, verleen hulle bystand aan ’n leier wat daarvan beskuldig word dat hy aandadig is aan die doodmaak, verminking en marteling van honderde duisende mense.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.