Kliniek gebrand, nooddienspersoneel aangeval vir ‘beter dienslewering’

Deel op

Die polisie is ontplooi in die Intabazwe-lokasie in Harrismith in die ooste van die Vrystaat.

Die oproermakers wil hê die burgemeester en munisipale bestuurder moet bedank. Hulle eis ook beter huise en infrastruktuur.

Dit volg na ‘n week van gewelddadige onrus waarin een persoon dood is, en ‘n plaaslike kliniek afgebrand is.

Nooddienspersoneel is ook aangeval deur die oproermakers terwyl hulle die brand probeer blus het. Dit is nie duidelik hoe die brandstigting dienslewering sal verbeter nie.

Oproeriges het paaie met klippe en rommel versper en die polisie monitor steeds die gebied.

Agt mense is reeds in verband met openbare geweld in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.