Gebreke in Koeberg se noodplan

Deel op

’n Noodplan-oefening by die Koeberg-kernkragstasie aan die Kaapse weskus is Donderdag gehou wat gebreke in die plan uitgewys het.

Ongeveer ‘n honderd 100 reddingsvoertuie en meer as 400 lede van onder meer die polisie, verkeersdepartement, nooddienste, die weermag, omgewingsdienste en busdienste het daaraan deelgeneem.

‘n Rampbestuur-woordvoerder, Elmien Steyn, het aan Die Burger gesê in ’n noodgeval moet mense in ’n radius van nul tot vyf kilometer van Koeberg binne vier uur ontruim word, en dié wat in ’n radius van vyf tot 16 kilometer woon, binne 16 uur.

Minstens 100 sirenes in die omgewing van Koeberg én op plase daar naby sal in ’n noodgeval afgaan.

Die jaarlikse oefening toets die stad se rampbestuur wat betref sy gebeurlikheidplanne in die geval van ‘n kernramp.

‘n Woordvoerder, Charlotte Powell het vroeër gesê die sentrum sal openbare veiligheid tydens die oefening monitor en bystand bied indien dit benodig word.

Kaapstad het ná afloop van die oefening gesê sekere gebiede is uitgewys wat moet verbeter.

Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê hoewel die oefening ‘n sukses was, het sekere gebiede bykomende opleiding nodig.

Smith sê hulle kon al die beskermende optrede implimenteer insluitende skuilings, dekontaminasie, massa sorgsentrums en om die ontruimings na te boots.

Die gebiede waarop verbeter kan word, hou hoofsaaklik verband met nuwe rolspelers wat nog nie vertroud is met die oefeninge nie, en meer opleiding sal moet ondergaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.