Jansen wil verswarting van universiteite bespoedig

Deel op

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Donderdag op ’n vergadering van die Kaapstadse Kamer van Koophandel en Nywerheid gesê die verswarting van universiteite moet bespoedig word.

Hy sê die “swart woede” by universiteite is aangevuur omdat daar nie genoeg swart professors op kampusse is nie, en veral geen swart vroueprofessors nie.

Die verlinkse Jansen is besig om steun te verloor onder Afrikaners weens sy idees oor transformasie. Hy het tydens sy toespraak ‘n powere poging aangewend om die middelgrond te probeer beset en gesê hy word “van links én regs geklap” en dis waarom hy “staande bly”.

Hy het die gehoor probeer heuning om die mond smeer met stellings soos “sommige postkoloniale universiteite wat nou leë doppe is” veroordeel en gesê hy sal klem lê op “gehalte”. Jansen het waarskynlik na Zimbabwe verwys.

PRAAG, by monde van dr Dan Roodt, het al meermale voorgestel dat diegene wat aan ‘n hoë transformasiekoors ly gerus by die universiteit van Zimbabwe kan gaan inskryf aangesien hulle transformasie volvoer het.

Daar is ook druk op universiteite van die ANC om meer swart studente op te lei ten spyte van hul swak prestasie en Jansen het gesê hy kan 39 000 teen 2019 inneem, “maar nie ten koste van die gehalte nie”.

“Jy vra my om die samelewing te help ineenstort. Ter wille van die land se arbeidsmag sal ek dit nie doen nie.”

Jansen het reeds aangedui dat Afrikaans in die slag sal bly om sy doelwit te bereik. Hy het ‘n dwarsklap uitgedeel na dosente wat in die Afrikaanse Landbouweekblad publiseer en nie in “gehalte” publikasies nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.