Swart studente weet nie van Vigs

Deel op

Wat is MIV/Vigs? Swart studente en personeel in hoër onderwysinstellings beweer hulle weet nie van die virus nie.

Hierdie openbaring blyk uit ‘n studie oor MIV/TB gedrag. Die bevindings is voorgelê by die Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie by die Internasionale Konferensiesentrum in Durban.

Sewe en twintig persent van die studente en 10 persent van die personeel by Tegniese, Beroepsopleiding, Onderwys en Opleiding (TVET) kolleges in die land het gesê hulle het nog nooit gehoor van die siekte nie.

Sommige van die ander bevindinge toon ‘n roekelose benadering tot die gebruik van kondome, met byna die helfte van die studente wat aangedui het dat hulle dit alleen sal gebruik vir beskerming indien hul maat wil.

Die ander helfte maak nie gebruik daarvan nie.

Die president van TVET-kolleges, Helen Ntlatleng sê sy was geskok dat 500 van die 800 studente by een van die kolleges positief getoets het vir MIV, maar hulle is blykbaar nie bewus van hul status nie.

Hoër Onderwys en Opleiding Minister, Blade Nzimande, sê die oorwinning oor MIV/Vigs sal ‘n gesamentlike poging verg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.