Sterwende Shaik dreig wit joernalis met geweld

Deel op

The Times het Woensdag berig dat die departement van korrektiewe dienste Schabir Shaik se versoek om ’n verslapping van sy paroolvoorwaardes toegestaan het op grond van “goeie gedrag”.

Maar president Jacob Zuma se voormalige finansiële adviseur, wat in 2005 tot effektief 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van korrupsie en bedrog, is reg vir geweld en aanranding.

“Ek kon jou met die kop gestamp het. Ek sal jou breek, wit laaitie (white boy). Ek sal jou in jou p**s skop,” het Shaik Woensdagoggend volgens die News24-verslaggewer Giordano Stolley gesê toe dié hom telefonies gekontak het oor sy paroolvoorwaardes.

Shaik het gesê die verslaggewer kan nie die feit aanvaar dat “Suid-Afrika nie meer deur ’n wit regering geregeer word nie”.

Shaik het die joernalis uitgedaag om hom in persoon te konfronteer. Stolley, met 26 jaar ervaring, het geantwoord hy het aan die begin van die oproep gesê hy is ’n verslaggewer.

Shaik is in Februarie 2011 daarvan beskuldig dat hy ’n vrouejoernalis by ’n gholfbaan in Durban aangerand het. Hy het haar glo gewurg en geklap.

Shaik het die volgende maand na bewering ’n man buite ’n moskee geslaan.

Hy het glo in September verlede jaar ’n gholfjoggie by dieselfde gholfbaan aangerand.

Net ná sy vrylating op mediese parool kon Shaik vir een uur per dag uitgaan vir persoonlike take. Nou het hy agt uur per dag tot sy beskikking.

Die veglustige misdadiger beweer nogtans dat hy “sterwend” is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.