Kovsies beplan burokratiese aanslag op Afrikaans

Deel op

Die Universiteit van die Vrystaat het haastig ‘n taalkomitee op die been gebring nadat ‘n herrie losgebars het oor die UV se besluit om slegs Engels as voertaal in te stel.

Die taalkomitee gaan glo in November verslag doen aan die universiteitsraad na “oorlegpleging”.

Kovsies beplan glo ‘n “formele hersiening” van die taalbeleid by die instelling en dit wil voorkom asof ‘n burokrasie van organisasies met ‘n “mandaat” gebruik sal om Afrikaans aan te val aangesien die universiteit groot klem lê op “deelname”.

Kovsies sal volgens bronne drie uitkomste oorweeg, naamlik parallelmediumonderrig, aanpassings aan die huidige taalbeleid of “groot veranderinge”.

Daar is dus kennelik geen manier waarop Afrikaans in sy huidige vorm by die UV sal oorleef nie.

Die raad het intussen die JBM Hertzog-koshuis se naam vernader na Beyers Naudé House.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.