Oproeriges gooi menslike ontlasting op N2

Deel op

Munisipale werkers van Kaapstad was vroeër besig met opruimingswerk op die N2-hoofweg nadat oproeriges dit afgesper het.

Die hoofweg tussen Borchards Quarry en die Lughawe is intussen weer oopgestel vir verkeer.

‘n Verkeerswoordvoerder van die Kaapse Metro sê die hoofweg is om halfvier vanoggend gesluit weens oproeriges wat menslike afval op die pad gegooi het en buitebande aan die brand gesteek het.

Die oproermakers het op die vlug geslaan toe wetstoepassers op die toneel aangekom het.

‘n Polisieteenwoordigheid is in die gebied ontplooi en monitor die hoofweg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.