Die wêreld verloor sy biodiversiteit teen ’n onrusbarende tempo, maar Suid-Afrika neem die leiding om teen die verwoestende gety wal te gooi.
Dit is volgens Peet van der Merwe van die NWU se Potchefstroomkampus.
Volgens die Wêreldnatuurfonds is die huidige spesie-uitwissingkoers tussen 1 000 en 10 000 hoër as die natuurlike uitwissingskoers – dit is gelykstaande aan tussen 200 en 2 000 uitwissings elke jaar.
Van der Merwe sê dat die wêreld kyk met afguns na die wyse waarop die Suid-Afrikaanse privaatsektor en die regering ten opsigte van natuurbewaring saamwerk.
Hy sê die goeie samewerking en groei is te wyte aan die feit dat wild vir boere waarde inhou in terme van ekotoerisme, jag en herverkope met veilings.
Die Gouritzreservaat wat gedeeltelik in die Oos-en Wes-Kaap geleë is, isintussen deur UNESCO as ‘n Internasionale Biosfeerreservaat verklaar.
Die Gouritz Biosfeer is een van 22 nuwe terreine wat by UNESCO se bestaande Wêreldnetwerk van Biosfeerreservate in 120 lande gevoeg is.
Die Magaliesberg ekostelsel is ook goedgekeur, wat die totaal in Suid-Afrika op ses bring.
Die Gouritzreservaat sê hulle is verheug oor die aankondiging.