MRK oorval met rassisme-klagtes

Deel op

Die meeste klagte wat by die menseregtekommissie gelê word, is in verband met rassisme, veral in die Vrystaat.

Kommissaris Mohamed Ameermia, verantwoordelik vir dié provinsie asook Noordwes, sê dit is kommerwekkend dat daar na 21 jaar van demokrasie nog steeds soveel klagte oor rassisme instroom.

Hy sê die MRK kan egter nie die stryd alleen stry nie en dit het tyd geword dat almal hande vat en mekaar respekteer.

Hy sê die kommissie het vanjaar saam met die onderwysdepartement ‘n massiewe opvoedingsprogram onder matrikulante van stapel gestuur. Dié veldtog moet nou glo verder uitgebrei word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.