Indiërs in SA oorverteenwoordig in senior bestuursposte

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge sê die armes en gemarginaliseerdes kry nie die hulp van die regering wat bedoel is vir hulle met die implementering van SEB ( Swart Ekonomiese Bemagtiging) nie.

Die Instituut se hoof van beleidsnavorsing, Anthea Jeffery, sê die regering het lank gesukkel om die Wet op Diensbillikheid van 1998 te verander wat werkgewers dwing om die nasionale demografie op senior, middel- en junior bestuursvlakke met rasseteikens te implementeer.
 
In terme van die nasionale demografie, is Indiërs slegs drie persent van die ekonomies aktiewe bevolking, maar 10 persent is in senior bestuursposte ontplooi.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.