Bloeddiens sê MIV nie oorgedra met skenkers nie

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) vier die toewyding van sy bloeddonateurs in Junie en wil die publiek daaraan herinner dat, “soos die bevolking groei en gesondheidsorg verbeter”, die aanvraag na bloed-voorrade om mense in mediese noodgevalle se lewe te red, steeds toeneem.

NUUT!

Bloedskenkers moet vry wees van bloeddraende patogene, soos MIV en Hepatitis B om pasiënte teen infeksie te beskerm.

Die geweldige omvang van die HIV-epidemie in Suid-Afrika het verskeie jare gelede die vrees laat ontstaan dat die SANB nie ‘n infeksie-vrye bloedvoorraad sal kan volhou nie en terselfdertyd tred kan hou met die groeiende aanvraag nie.

“Ons is trots daarop dat Suid-Afrika hierdie uitdaging kon ontmoet. Ons het ons donateursbasis gediversifieer en diskrimineer nie ten opsigte van ras, seksuele oriëntasie of woonplek nie.

“Deur beter kommunikasie met moontlike donateurs en deur gebruik gemaak te maak van ultra-sensitiewe toetstegnologie om HIV-infeksie vas te stel, het ons nie ‘n enkele aangemelde geval van HIV wat deur ‘n bloedoortapping meegebring is in nege jaar gehad nie,” het die uitvoerende hoof van die SANB, Ravi Reddy, gesê.

Met die aanvang van Bloedskenkingsmaand het Reddy dié uitdaging beklemtoon: “Ons mikpunt vir 2015 is 815 509 eenhede bloed. Ons sal dit net regkry indien talle van ons huidige skenkers in staat is om meer te gee en indien lede van die publiek na vore kom om die skenkers te vervang wat oor die jare so vrygewig gegee het maar nie meer kan nie.”

Suid-Afrika is slegs een van 62 lande wêreldwyd wat se hele bloedvoorraad deur vrywilligers, sonder betaling, geskenk word. Op 14 Junie elke jaar sluit Suid-Afrika by ander lande aan om Wêreld-bloedskenkingsdag te vier en voer ‘n veldtog vir die hele maand om die kritieke belangrikheid van bloedskenking te benadruk.

“Geen gesondheidstelsel kan sy werk doen sonder ‘n betroubare voorraad van veilige bloed nie,” het Reddy gesê. Dit is niks anders as ‘n wonderwerk dat hierdie noodsaaklike aspek van gesondheidsorg in die hande van vrywilligers is en dat hulle ons nog nooit in die steek gelaat het nie.”

“Baie van ons besef nie die omvang van situasies waar bloed ‘n lewensbelangrike rol speel nie. Dit sluit gewone daaglikse gebeure soos die geboorte van ‘n kind of gewone sjirurgie in, asook rare bloedsiektes, kankerbehandeling en meerdere trauma. Elkeen van ons kan ons lewe te danke hê aan ‘n vreemdeling wat bloed geskenk het,” het Reddy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.