Prins wil glo renosters in Namibië kom oppas

Deel op

Kensington-paleis in Londen wou nie berigte in Brittanje en Namibië, dat prins Harry binnekort Namibië gaan besoek, bevestig of ontken nie.

Volgens verskeie berigte sal prins Harry ’n deel van sy besoek van drie maande in Afrika toewy aan pogings om die bedreigde swartrenoster te help red.

Die adjunk-kommunikasiebestuurder van Kensington-paleis, Nick Loughran.

Die 30-jarige prins gaan glo Brittanje einde van die maand verlaat en na Namibië se noord-westelike Kunenestreek vertrek waar hy gaan leer hoe om renosters en woestynolifante te help beskerm.

Volgens die Daily Mail het hy dié projek bo honderde ander omgewingsbewaringsprojekte gekies nadat hy gelees het oor die werk van die Namibiese bewaringsgebiede en die Save The Rhino Trust.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.