Sewende Vigs-konferensie in Durban gehou

Deel op

Die sewende Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie het in Durban geopen met hernude beroepe vir vennootskappe in die stryd teen MIV/Vigs, het RSG berig.

Wetenskaplikes, aktiviste en regeringsverteenwoordigers vergader die week om Vigs in Suid-Afrika te bespreek, en om strategië vir die toekoms te bepaal.

Suid-Afrika huisves sowat 18 persent van die wêreld se MIV-positiewe bevolking.

Die voorsitter van die konferensie, Nono Simelela sê hoewel baie vordering gemaak is, is daar steeds reuse uitdagings.

Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-raad, adjunk-president Cyril Ramaphosa sê intussen Suid-Afrika vorder in die stryd teen Vigs.

Hy het verwys na die regering se veldtog waartydens 20 miljoen mense Vigstoetse in 20 maande ondergaan het, en die gemiddelde lewensverwagting wat van 53 jaar in 2006 na 62,2 jaar in 2013 gestyg het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.