BRICS kan G7 binnekort inhaal

Deel op

Die BBP van die BRICS-lande kan dié van die G7 binne twee of drie jaar oortref, het die Doema se hoof van Buitelandse Betrekkinge, Aleksei Pusjkof gesê.

“In 2014, het die totale bruto binnelandse produk van BRICS-lande 30 persent bereik [van die BBP van die wêreld]. Dit is minder as dié van die G7, maar die verskil is sewe of agt persent. Die gekombineerde BBP van die BRICS-lande, volgens die Internasionale Monetêre Fonds is $32,5 triljoen [met koopkragpariteit bereken]. Die G7 s’n is $34,7 triljoen. Gegewe dat die BRICS-lede meestal veel hoër groeikoerse as die G7 toon, kan ons aanvaar dat in die volgende twee of drie jaar die totale BBP van die BRICS-lande meer as die G7 sal wees,” het Pusjkof aan verslaggewers by die eerste BRICS Parlementêre Forum in Moskou gesê.

Hy het verder gesê dat BRICS die Forum verkieslik jaarlikse moet hou, en as dit gebeur, sal dit help om die wêreld meer regverdig en multipolêr te maak, gebaseer nie op die superioriteit van een land oor die ander nie, maar op die balans van belange.

Die ekonomiese sentrum van die wêreld is aan die verander, en die ontwikkelde Weste sal sy invloed en gesag in die internasionale arena met spelers soos BRICS moet deel, het Pusjkof gesê.

Westerse lande het ten minste €40 miljard verloor weens Amerikaans-geleide sanksies teen Rusland.

Duitsland word veral belemmer om produktiewe samewerking uit te brei.

Die EU verloor ten minste €21 milard weens die sanksies volgens die Spaanse minister van buitelandse sake. Volgens skattings van Japanese ekonome kan die syfer tot soveel as €30 miljard wees.

Die sanksies is ingestel nadat die MH17-vlug bo die Oekraïene afgeskiet is en die VSA Rusland vir die tragedie blameer het.

Rusland het ontken dat hulle verantwoordelik is vir die ramp en dadelik inligting vrygestel wat hulle van blaam onthef. Die VSA weier steeds om inligting oor die gebeurtenis bekend te maak, maar hou steeds vol met sanksies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.