Vavi voorspel nuwe vakbondfederasie vir SA

Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi het ‘n nuwe vakbondfederasie vir Suid-Afrika voorspel.

Cosatu het die hofbeslissing verwelkom dat die metaalwerkersvakbond, Numsa nie aan die federasie se spesiale nasionale kongres aanstaande maand kan deelneem nie.

Vavi het met die media gepraat nadat Numsa se dringende aansoek om deel te neem aan Cosatu se spesiale nasionale kongres aanstaande maand in die Hooggeregshof in Johannesburg misluk het.

Twee kernkwessies in die saak tussen Cosatu en die metaalwerkersvakbond Numsa was of Numsa se aansoek om deel te neem aan Cosatu se spesiale nasionale kongres aanstaande maand dringend is.

Die ander kwessie was of Numsa by die spesiale kongres kan appelleer teen sy skorsing, en of die vakbond moet wag tot Cosatu se gewone kongres in September.

Waarnemende regter AJ Mbongwe het die dringendheid van Numsa se saak bevraagteken.

Die metaalwerkersvakbond se aansoek is met koste verwerp. Numsa sou tydens die spesiale kongres teen sy skorsing uit Cosatu appelleer.

Die hof het beslis dat die aansoek nie dringend is nie, aangesien Numsa ‘n aantal geleenthede gehad het om appél aan te teken teen sy skorsing.

Numsa se appèl teen sy skorsing uit Cosatu sal in November tydens die federasie se gewone kongres plaasvind.

Numsa sê egter dat daar nie meer kans is om weer deel van Cosatu te word nie.

Die vakbond se hoofsekretaris, Irvin Jim, sê hy is nie baie optimisties dat die appèl suksesvol sal wees nie.

Die Hooggeregshof in Johannesburg het Numsa se aansoek met koste verwerp.

Cosatu sê hy gaan voort met die reëlings vir die konferensie en gaan die week die akkreditasie van afgevaardigdes bevestig.

Die waarnemende hoofsekretaris van Cosatu, Bheki Nthalinthali sê die fokus van die konferensie is eenheid in die organisasie, al gaan sy grootste voormalige lid nie deelneem nie.

Goudmyne wat deur die Kamer van Mynwese verteenwoordig word, asook vier vakbonde, NUM, Amcu, Solidariteit en UASA het ingestem om op 22 Junie met loononderhandelings vir die sektor te begin.

Die onderhandelinge sal na verwagting drie dae duur. Die partye kon egter nie op ‘n voorsitter of plek vir die onderhandelinge ooreenkom nie.

Die Kamer van Mynwese het intussen gesê hulle verwag moeilike salarisonderhandelinge in die goudmynbedryf weens dalende kommoditeitspryse en toenemende wedywering tussen vakbonde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.