Geheimediens skuif kameras na bomdreigement

Deel op

‘n Bomdreigement by die Amerikaanse Withuis het veroorsaak dat ‘n mediakonferensie skielik onderbreek is.

‘n Agent van die Geheimediens het ingekom en almal opdrag gegee om die vertrek te ontruim. Sekuriteitspersoneel en snuffelhonde het die vertrek gefynkam en joernaliste is 20 minute later weer toegelaat sodat die sessie kon hervat.

Die voorval het in die James S. Brady-konferensiekamer plaasgevind nadat ‘n bomdreigement ingebel is na die plaaslike Washingtonse polisiestasie, het die Geheimediens gesê.

Dinsdag se voorval is ongehoord weens die feit dat dit plaasgevind het op kamera tydens ‘n lewendige uitsending.

Dit is die eerste so ‘n geval sedert die Withuis begin het met lewendige televisiedekking van media-inligtingsessies in die 1990’s.

‘n Woordvoerder vir die Geheimediens, Brian Leary het gesê die besluit om slegs die inligtingsessiekamer te ontruim, terwyl Withuisamptenare en die Obamas in ander dele van die gebou aangebly het, was “as gevolg van die spesifieke aard van die bedreiging,” hoewel hy nie kon uitwei nie.

Associated Press se joernaliste het opgemerk dat daar van hulle toerusting en ander items geskuif is, oënskynlik deur Geheimediensbeamptes op soek na potensiële sekuriteitdreigemente.

Baie TV-netwerke het permanente kameras wat in die Withuis se inligtingskamer geïnstalleer is.

Tydens die ontruiming is die kameras na die plafon gerig sodat die inligtingsessiekamer nie meer sigbaar was nie, en daarna heeltemal bedek.

Die Geheimediens wou geen onmiddellike kommentaar lewer oor waarom die kameras bedek is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.