Inkomstediens gaan voormalige woordvoerder vervolg

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan sy voormalige woordvoerder, Adrian Lackay strafregtelik laat vervolg.

Die SAID sê hy gaan Lackay ook vir twaalf miljoen rand dagvaar, het RSG berig.

Dit volg nadat Lackay vroeër vanjaar ‘n brief aan die parlement gestuur het waarin hy beweer dat die kommissaris van die SAID, Tom Moyane hom opdrag gegee het om die publiek verkeerdelik in te lig.

In die brief, het hy beweer dat British American Tobacco (BAT) die wet moontlik oortree het en dat die waarheid oor die beweerde geheime spioenasie eenheid nog nie onthul is nie.

“Sodra hulle vertroue in ons vermoë verloor om vertroulike inligting oor hulle hou en hulle besluit om nie belasting te betaal nie, wat miljarde rande kan beteken wat hom nie sal raak as persoon nie, maar dit sal skuld vir Suid-Afrika en die armes van hierdie land beteken,” het SAID gesê.

Lackay het bedank voordat hy die brief gestuur het. ‘n Uitvoerende lid van diensverhoudinge, Luther Lebelo sê Lackay se bewerings is versinsels om sommige SAID-werknemers te frustreer en te viktimiseer.

Hy sê Lackay het ‘n geleentheid gehad om verskoning te vra of bewyse te lewer, wat hy gekies het om nie te doen nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.