Liedjie oor tas vol drank gee aanstoot

Deel op

’n Zambiese musikant is in hegtenis geneem oor ‘n liedjie wat hy geskryf het en waarin die spot gedryf word met dié land se president Edgar Lungu.

Die 31-jarige Chama Fumba is in Lusaka gearresteer omdat hy pres. Lungu daarvan beskuldig het dat hy te veel drink en onbekwaam vir sy pos is.

Fumba, ook bekend as Pilato, is in hegtenis geneem in Lusaka Maandag.

Hy sal aangekla word omdat sy gedrag waarskynlik ‘n oortreding van die vrede veroorsaak het, het sy prokureur aan verslaggewers gesê by die sentrale polisiekantoor in die hoofstad.

Fumba het gesing dat die president ‘n tas vol drank met hom saamdra.

Fumba kan ses maande tronkstraf of ‘n boete opgelê word as hy skuldig bevind word.

Chama het vroeër geweier om verskoning te vra en gesê hy is bloot besig om sy vryheid van uitdrukking uit te oefen. Die liedjie is verbied op Zambië se nasionale radiostasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.